TENNIS – Die langverwagte terugkeer van die voormalige nommer 1 Novak Djokovic het toeskouers in die Rod Laver arena in ekstase gehad toe hy die Spanjaard Roberto Baena in 3 skoon stelle uitgestof het op Dag 2 van die Australiese Ope.

Die Serwiër wat byna 700 dae gelede sy 9de titel ingepalm het en weens Covid19-protokol nie toegelaat was om dit in 2022 te verdedig nie, het die wedstryd oorheers waar nie eers die uiterste hitte en reën kon ’n demper op verrigtinge kon plaas nie.  

Die veteraan Andy Murray was ook in ’n titaniese stryd geworstel waar hy teen die 13de gekeurde Matteo Berrettini in 5 stelle geswoeg het om sy plek in die volgende ronde te bespreek terwyl Alex Zverev harde klippe moes kou en ook 5 stelle benodig het om Juan Pablo Varillas met die kous oor die kop huistoe te stuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×