Die Serwiese tennisspeler Novak Djokovic het aan die ATP-jaareindtoernooi weens ‘n besering onttrek.

Die 37-jarige het diè nuus op Instagram aangekondig en het in die plasing verskoning gevra vir ondersteuners wat beplan het om hom te sien speel en het ook sy medespelers sterkte toegewens.

Casper Ruud, Alex de Minaur en Andrey Rublev sal na verwagting die laaste drie plekke in die jaareindtoernooi neem saam met Jannik Sinner, Alexander Zverev, Carlos Alcaraz, Daniil Medvedev en Taylor Fritz.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×