TENNIS – Novak Djokovic se aanslag op sy 10de Australiese Ope titel is goed op dreef nadat hy Alex de Minaur in 3 skoon stelle uitgeskakel het. Die telling was 6 – 2 , 6 – 1 en 6 – 2. Dit was ook Djokovic se 38ste oorwinning op Australiese bodem waar hy laas in 2018 in die 4de ronde toe uitgeskakel was.
Die 5de gekeurde Andrey Rublev was ook in ’n marathon wedstryd teen Holger Rune in aksie wat heeltyd wipplank gery het totdat Rublev in die valbylstel met ’n telling van 11 – 9 kon seëvier.
In die dames afdeling is die 4de gekeurde Caroline Garcia ook huistoe gestuur nadat Magda Linette haar in 2 stelle uitgeknikker het terwyl die nommer 5 Aryna Sabalenka haar titel aanslag lewendig gehou het toe sy ook Belinda Bencic in die 4de ronde gestuit het. Die telling was 7 – 5 en 6 – 2.