Die 37-jarige Novak Djokovic sal deel van die Indian Wells-Ope toernooi in Kalifornia wees met die missie om sy 100ste enkelspel-titel te wen.

Djokovic het reeds vyf keer met die louere in Kalifornië weggestap.

Hy sien uit om sy tennisjaar op koers te kry na sy onttrekking uit die Australiese Ope weens ‘n been besering en ‘n skokkende nederlaag in die eerste ronde van die Katar Ope teen die Italianer Matteo Berrettini.

Djokovic sê hy is nog nie gereed om sy raket te bêre nie en is bly dat Andy Murray in sy afrigtershoek is.

Die Indian Wells-toernooi slaan af op 7 Maart.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×