TENNIS – Die wêreld se nommer 1 speler is terug en slaggereed om sake weer op koers te kry wanneer hy diè week in Dubai in aksie is.

Novak Djokovic was  – sedert hy die 1ste Grand Slam van 2023 in Januarie gewen het –  nie weer terug op die baan gewees  nie. Die 35-jarige Serwiër se deelname aan die Dubai-kampioenskap was ook tot ’n paar dae gelede nog in die weegskaal gewees maar het die nodige fiksheidstoetse geslaag om sy teenwoordigheid te bevestig.

Djokovic is ook vir die 378ste keer hierdiè week bo-aan die wêreldranglys waar hy ook nou die legendariese Steffi Graf se rekord gebreek het.

Djokovic kom in sy 1ste ronde wedstryd teen die Tsjeg Tomas Machac te staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×