TENNIS – Novak Djokovic is ook nog ’n tree nader aan ‘n 24ste Grand Slam titel toe hy Taylor Fritz maklik in die kwarteindronde by die Amerikaanse Tennis Ope uitgeskakel het in 3 skoon stelle. Die telling was 6 – 1 , 6 – 4 en 6 – 4.
In nog ’n kwarteindronde wedstryd wat vandag plaasvind sal die uitgesproke Daniil Medvev en Andrey Rublev ook in aksie wees terwyl die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz weer môre teen Alexander Zverev te staan sal kom.
In die vroue afdeling het die 10de gekeurde Karen Muchova ook so stilweg haar plek na die laaste 4 bespreek toe sy Sorna Cirstea met 6 – 0 en 6 – 3 uitgeskakel het.
Die 2de gekeurde Aryna Sabalenka speel ook vandag teen Qinwen Zheng terwyl die verdedigende Wimbledon kampioen Marketa Vondrousova weer môre op die baan sal wees teen die 17de gekeurde Madison Keys vir ’n plek in die halfeindronde.