Casper Ruud is een van die drie topgekeurde spelers wat uit die Mexikaanse Ope moes onttrek het weens ’n maagvirus.

Diè Noorweegse speler wat verlede jaar die naaswenner was moes die handdoek Donderdag teen Rodrigo Pachero Mendex in die tweede ronde ingooi.

Die 3de gekeurde Amerikaner Tommy Paul het  halt geroep teen landgenoot Marcos Giron wat nou volgende Denis Shapovalov sal ontmoet.

Denemarke se Holger Rune het ook nie diè virus vrygespring nie en moes in die eerste stel met die telling op 0 – 3 die stryd teen Brandon Nakashima gewonne gee.

Die topgekeurde in die toernooi Alexander Zverev sowel as die nommer vyf speler Ben Shelton kon egter meeding maar is onderskeidelik deur die 19-jarige Amerikaanse tiener Learner Tien en David Gofin Shelton van België in twee skoon stelle huistoe gestuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×