TENNIS – In een van die mees spesiale oomblikke van sy loopbaan het Novak Djokovic ook Saterdagaand afskeid van die legendariese Swiss Maestro Roger Federer geneem.
Djokovic en Matteo Berrettini sou in die laaste dubbelspel wedstryd van die Laverbeker-toernooi teen die Amerikaanse kombinasie van Jack Sock en Alex de Minaur te staan kom maar Federer en sy jarelange teenstander Rafael Nadal het hulle toe diè stryd aangesê maar die wedstryd in die beslissende stel met 11 – 9 verloor waar die trane ook na die tyd behoorlik tussen Feds en Rafa gevloei het.
Federer het ook nie na die afskeid huistoe gegaan nie maar tot aan die einde gebly om sy spanmaats te ondersteun waar Djokovic en Berretini – wat vir Federer ingestaan het – in hul onderskeie enkelspelwedstryde as wenners van die baan gestap het.