TENNIS – Die kleibane van Parys het al reeds vir heelwat verrassings in die 2022 Franse Ope gesorg.

Die jong Spaanse tennisheld Carlos Alcaraz en 3de gekeurde Alexander Zverev moes beide wedstryd punte afweer in hulle onderskeie 5-stel marathon wedstryde terwyl Rafael Nadal en Novak Djokovic maklik na die volgende ronde deurgedring het.

Onder die dames moes nog ‘n topgekeurde vroeg terugkeer huistoe. Die Amerikaanse Ope kampioen Emma Radacanu is in 3 stelle deur Aliaksandra Sasnovich uitgeskakel terwyl Barbora Krejcikova en Marie Bouzkova beide die handdoek moes ingooi nadat diè 2 spelers positief vir Covid getoets het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×