TENNIS – Die verdedigende kampioen van die Japan Ope Taylor Fritz het ook sy toernooi op ’n positiewe noot afgeslaan toe hy die Brit Cameron Norrie in 2 skoon stelle huistoe gestuur het.
Die 10de gekeurde Fritz wat ’n besige ATP Toer jaar agter die rug gehad het en sedert die Amerikaanse Ope ’n blaaskans geneem het sal nou volgende teen landgenoot Ben Shelton te staan kom wat op sy beurt met die plaaslike gunsteling Taro Daniel afgereken het. Die tellling was 3 – 6 , 6 – 4 en 7 – 6.
Die Aussie en 4de gekeurde Alex de Minaur is ook deur na die volgende ronde na sy oorwinning in 3 taai stelle teen Jack Draper van Brittanje.