TENNIS – Met die Amerikaanse Tennis Ope wat einde se kant toe staan sal die 6de gekeurde Coco Gauff ook nou haar oog op diè titel hê wanneer sy teen die 10de gekeurde Karolina Muchova in môre se 1ste halfeindronde wedstryd te staan sal kom.

Gauff se beste vertoning in ’n Grand Slam was by die Franse Ope in 2022 toe sy in die eindstryd gespeel het terwyl Muchova ook opsoek is na daardiè gesogte beker vir haar trofeekas.

In die ander wedstryd sal die opwindende Madison Keys teen Aryna Sabalenka te staan kom vir ’n plek in Saterdag se eindstryd.

Keys het in 2017 die eindronde laas hier gehaal terwyl Sabalenka die Amerikaanse Ope titel by haar 2023 Australiese Ope een sal wil byvoeg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×