TENNIS – Die Bolander Hanmarè McAslin is Dinsdag in die Rosestad as die nuwe o.18 S.A. Junior meisieskampioen in Bloemfontein gekroon.
Die 1ste gekeurde Hanmarè het die 2de gekeurde Donna le Roux van die Vrystaat in 3 stelle geklop. Die telling was 3 – 6 , 6 – 3 en 6 – 3.
*In die eindstryd vir seuns o.18 het die 2de gekeurde Guy Vorwerk van Kwazulu Natal die 1ste gekeurde Noord-wester Reuben de Klerk ook met 6 – 3 en 6 – 3 uitgestof.
**In die o.16 afdeling het Jahnie van Zyl en Doig Connor onderskeidelik met die meisies en seuns titels weggestap na skoon stel oorwinnings oor die Noord Gautengers Morgan Jordaan en Jayden Summers.