TENNIS – Suid-Afrika se Lloyd Harris is ook in die 1ste ronde van die Franse Tennis Ope uitgeskakel toe die Duitser Alexander Zverev 2 valbylstelle moes deursien om uiteindelik die 3de met 6 – 1 te beklink het.

Die grootste skok was egter toe die Italiaanse Ope wenner van net meer as ’n week gelede en 2de gekeurde Daniil Medvedev ook sy tasse moes pak nadat Thiago Seyboth Wild van Brasilië die Rus in 5 stelle oorrompel het.

In die dames afdeling is die 13de gekeurde Barbora Krejcikova ook vroeg uitgeskakel toe Lesia Tsurenko met 6 – 2 en 6 – 4 oor haar geloop het.

Coco Gauff kon darem ’n sug van verligting slaak nadat sy die 1ste stel teen Rebeka Masorova moes afstaan maar het daarna voet op die pedaal gesit en met 6 – 1 en 6 – 2 in die daaropvolgende stelle skoonskip gemaak terwyl die Tunisiër Ons Jabeur ook maklik gewen het teen Italië se Lucia Bronzetti. Die telling daar was 6 – 4 en 6 – 1.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×