Die Poolse tennisspeler Hubert Hurkacz gaan geld skenk vir slagoffers van ’n vloed in sy land.

Meer as 20 mense is die week in Sentraal-Europa oorlede weens erge vloede met gebiede langs die Tsjeggies-Poolse grens wat die hardste getref is.

Hurkacs wat die agste plek beklee op tennis se wêreldranglys vir mans het bevestig dat hy £100 gaan skenk vir elke kishou wat hy slaan wat tot die einde van die seisoen sal duur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×