TENNIS – Die wêreld nommer een vroue speler Iga Swiatek is op koers na ‘n 3de Italiaanse Ope titel nadat sy gisteraand Angelique Kerber in skoon stelle gewen het. Die telling was 7 – 5 en 6 – 3.
Swiatek ontmoet die Amerikaner Madison Keys nou volgende in die kwarteindstryd wat op haar beurt Sorana Cristea uitgesotf in hul wedstryd wat deur omgewingsaktiviste van die Ultima Generazione – oftewel die Last Generation – onderbreek is. Die betogers het ’n vloeistof en konfetti op diè baan oppervlak gegooi en ook ’n mans-dubbelspel wedstryd ontwrig.
*In die mans afdeling is die verdedigende kampioen Daniil Medvedev sterk op koerso m weer die trofee omhoog te lig nmadat groot name soos Novak Djokovic, Rafael Nadal en Andrey Rublev reeds uitgeskakel is.