Die huidige tweede beste vrouetennisspeler, Iga Swiatek, is in die sop oor medikasie wat sy neem om te slaap.
Die 23-jarige het in Augustus positief getoets vir die verbode middel, trimetasidien.
Volgens die Internasionale Integriteitsagentskap is dit veroorsaak deur die besmetting van haar melatonien-medikasie.
Swiatek gebruik dit glo vir vlugflouheid en om te slaap.
Swiatek is steeds vir ‘n maand geskors, en haar prysgeld vir die Cincinnati-Ope is verbeur.