Die wêreld se voorste vrouetennisspeler, Iga Switek, het gevorder na die tweede ronde van die Amerikaanse Ope, maar is goeie weerstand gebied deur ‘n speler wat in die 79ste plek lê op die wêreldranglys.

Die Rus, Kamilla Rakhimova, het in skoon stelle vasgeval teen Swiatek, maar kan tevrede wees met haar vertoning in die 6-4 en 7-6 nederlaag.

Swiatek sal môre in die tweede ronde teen die Japanese speler, Ena Shibahara, te staan kom.

Aryna Sabalenka, Naomi Osaka en Elena Rybakina is ook almal deur na die tweede ronde.

error: Inhoud is beskerm !!