TENNIS – Die dubbelspel-kombinasie van Simon Bolelli en Fabio Fognini het Italië se hoop lewendig gehou om hul eerste Davis Beker titel in 46 jaar te behaal toe diè tweemanskap die Amerikaanse span van Jack Sock en Tommy Paul gister in ’n aksiebelaaide wedstryd in Malaga in 2 stelle kon uitstof.

Die Italiaanse duo het met diè oorwinning verseker dat hulle die halfeindronde ook vir die eerste keer sedert 2014 kon bereik het nadat spanmaat Lorenzo Sonego die Amerikaanse Ope halfeindronde-finalis Francis Tiafoe ook in 2 taai stelle kon troef.

Italië sal nou teen die wenner van die wedstryd tussen Duitsland en Kanada te staan kom terwyl Kroasië die 28-malige kampioen Austalië in die halfeindronde sal moet uitoorlë indien hulle ‘n plek in die eindstryd wil bespreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×