Italië se vroue tennisspan het die Billie Jean King-beker vir ‘n vyfde keer gewen, en die eerste keer sedert 2013, na hulle vir Slovakia Woensdag met 2-0 verslaan het.
Jasmine Paolini, wat tans die vierde plek beklee op World Tennis Association se ranglys, het die oorwinning vir Italië vasgemaak nadat sy vir Viktoria Hruncakova met 6-2 en 6-1 verslaan het.
Die beker is ‘n merkwaardige manier om die jaar af te sluit vir Paolini, wat vanjaar naaswenner by Roland Garros en Wimbledon was.
Dit is ook ‘n merkwaardige wen vir Italië, wat verlede jaar in die eindstryd teen Kanada vasgeval het.