TENNIS – Die nuwe Spaanse tennis sensasie Carlos Alcaraz het die eerste speler geword om beide Rafael Nadal en Novak Djokovic in dieselfde toernooi uit te skakel.

Die 7de gekeurde Alcaraz het daarna sy droom bewaarheid toe hy in die finaal van die Madrid Ope die verdedigende kampioen Alexander Zverev voor sy tuisskare uitgestof het. Zverev het geen antwoord op die 19-jarige se kragspel gehad nie en uieindelik die wedstryd in skoon stelle met 6 – 3  en 6 – 1 verloor.

In die vroue eindstryd het Ons Jabeur van Tunisië ook haar eerste titel in Madrid ingepalm toe sy die Amerikaner Jessica Pegula in 3 stelle uitgeskakel het. Die telling was 7 – 5 , 0 – 6 en 6 – 2.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×