TENNIS – Die wêreld nommer 10 vrouespeler Ons Jabeur het deurgedring na die kwarteindronde in die Sydney Tennis Classic toernooi na ‘n puik oorwinning oor die 2-malige Wimbledon kampioen Petra Kvitova.

Jabeur het Kwitova in skoon stelle met 6 – 4 en 6 – 4 geklop en sal nou teen Anett Kontaveit te staan kom wat maklik met Elena-Gabriela Ruse afgereken het.

In die mans afdeling speel Brandon Nakashima teen Reilly Opelka terwyl Aslan Karetsev en Lorenzo Sonego sake in die ander kwarteindronde wedstryd sal uitspook.

Diè toernooi duur tot Saterdag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×