TENNIS – Dit was ’n soete oorwinning vir die wêreld nommer 5 Ons Jabeur toe die Tunisiër die Charleston Ope die kleinbaan titel Sondag in skoon stelle gewen het.
Jabeur het verlede jaar teen Belinda Bencic vasgeval maar hierdiè keer die bordjies verhang in ’n wedstryd wat net minder as 2 ure geduur het. Die telling was 7 – 6 en 6 – 4.
Dan het Roberto Carballes Baena van Spanje ook in ’n marathon wedstryd van 3 ure die Marakkesh Ope gewen toe hy die Fransman Alexandre Muller met 4 – 6 , 7 – 6 en 6 – 2 geklop het.
Die 30-jarige Carballes Baena het met hierdiè oorwinning ook verseker dat hy nou vir die 1ste keer in sy loopbaan onder die wêreld se 50 beste spelers tel.