Die verdedigende Australiese Ope kampioen Jannik Sinner sal sy titel vanjaar in die openingsronde teen Nicholas Jarry verdedig terwyl die vroue kampioen Aryna Sabalenka die voormalige Amerikaanse Ope kampioen Sloane Stephend eerste op die baan sal aansê.
Die loting is Donderdag by Melbourne Park gemaak. Novak Djokovic sal op soek wees na ‘n 11de titel en ook ‘n 25ste Grand Slam-kroon en ontmoet Nishesh Basavareddy eerste wat ’n promoteurskeuse is. Maklik gaan dit beslis nie vir diè Serwiër wees nie want hy gaan heel moontlik vir Reilly Opelka in die derde ronde ontmoet wat juis vroeër vandeesweek met Djokovic afgereken het in Brisbane.
Die derde gekeurde Carlos Alcaraz gaan poog om sy heel eerste Australiese titel in te palm wat hom nog bly ontwyk en pak Alexander Shevchenko.
Die eerste major van die jaar begin Sondag.