Die Italiaanse tennisspeler, Jannik Sinner, het twee ervare afrigters by sy span gevoeg.
Sinner sit al ‘n paar maande sonder ‘n fiksheidafrigter en fisioterapeut, nadat hy vir Giacomo Naldo en Umberto Ferrara die trekpas gegee het.
Die afdankings was gedoen nadat Sinner in Maart positief getoets het vir die steroïde clostebol waarvoor hy geen straf ontvang het nie.
Marco Panichi en Ulises Badio het Maandag by Sinner aangesluit met diè twee wat tevore met die 24-malige Grand Slam-wenner, Novak Djokovic, kragte saamgespan het.