Die Italiaanse tennisster, Jannik Sinner, het ook Dinsdagoggend sy plek vasgemaak in die Amerikaanse Ope kwarteindronde.

Sinner het die AmerikanerTommy Paul in drie skoon stelle met 7-6, 7-6 en 6-1 uitgestof en sal volgende teen Daniil Medvedev te staan kom.

Intussen is die topgekeurde vrouespeler, Iga Swiatek, ook deur na die laaste rondte van agt nadat sy die Rus Liudmila Samsonova met 6-4 en 6-1 klaargespeel het en kom volgende teen die Amerikaner Jessica Pegula te staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×