Wêreldnommer een Jannik Sinner sal op die kleibane van die Hamburg Ope deelneem wat sy eerste verskyning by diè toernooi sal wees.

Die 23-jarige Italianer wat die Australiese Ope in Januarie vir sy derde Grand Slam-titel gewen het spog met 19 ATP-en vier Meesters 1000-titels.

Sinner die eerste wêreldnommer een sedert Roger Federer in 2008 wat in Hamburg gespeel het, het sy opgewondenheid oor die geleentheid uitgespreek en sy ryk geskiedenis en passievolle aanhangers geprys.

Hy sluit aan by ‘n sterk veld wat Stefanos Tsitsipas, Holger Rune, Andrey Rublev, Gaël Monfils en Jan-Lennard Struff insluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×