Die verdedigende Australiese Ope manskampioen en wêreld nommer een Jannik Sinner het sy tweede agtereenvolgende titel in Melbourne gewen nadat hy die tweede gekeurde Alexander Zverev in drie skoon stelle geklop het.
Die Italianer het die Duitser met 6 – 3 , 7 – 6 en 6 – 3 geklop en sodoende sy derde major gewen. Slegs Andre Agassi , Roger Federer en Novak Djokovic kon diè prestasie ook vermag.
In die dames afdeling het Madison Keys ook die tenniswêreld geskok nadat sy die verdedigende kampioen Aryna Sabalenka in drie stelle gestuit het wat ook haar eerste Grand Slam titel was. Die telling was 6 – 3 , 2 – 6 en 7 – 5.