TENNIS – Die Italiaanse tennisspeler, Jannik Sinner, het positief getoets vir ‘n verbode middel maar is geen skorsing neergelê nie.

Volgens tennis se integriteit eenheid het ‘n onafhanklike tribunaal Sinner se verduideliking aanvaar oor hoe die anaboliese middel clostebol in sy sisteem beland het.

Volgens Sinner was dit deur masserings en terapeutiese behandelings deur ‘n lid van sy ondersteuningspan.

Dit is die tweede keer dat Sinner positief toets vir die middel.

Die Italianer is sy 400 ranglyspunte kwyt wat hy by Indian Wells verdien het, waar die eerste toets plaasgevind het, en het ook sy $325 000 se prysgeld verloor.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×