Die eerste gekeurde mans speler by die Australiese Ope Jannik Sinner het ligte werk gemaak van die agste gekeurde Australiër, Alex de Minaur, in hulle kwarteindrondte wedstryd.
De Minaur het geen antwoorde gehad vir Sinner se aanslag nie met die Italianer wat met 6 – 3 , 6 – 2 en 6 – 1 kon seëvier.
Sinner sal in die halfeindronde teen die Amerikaner Ben Shelton te staan kom wat die ander Italinaer Lorenzo Sonego in vier stelle geklop het.
Onder die dames het Iga Swiatek vir Emma Navarro van Amerika met 6-1 en 6-2 verslaan terwyl Madison Keys aan beweeg na die laaste vier na haar 3 – 6 , 6 – 3 en 6-4 oorwinning oor Elina Svitolina.