Die 23-jarige Suid-Afrikaanse tennisspeler, Philip Henning, het ‘n ITF-tennistoernooi in Japan gewen.

Henning, wat die eerste gekeurde speler op die toernooi in Janagawa-stad was, het in die eindstryd vir Japan se Yuta Kikuchi met 7-6 en 6-1 verslaan.

Die jong Suid-Afrikaanse speler beklee tans die 404de plek op die wêreldranglys nadat hy die jaar in die 758ste plek afgeskop het.

Henning sal in Japan bly om in nog drie ITF-toernooie mee te ding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×