TENNIS – Die voormalige Australiese Ope kampioen Sofia Kenin het ook haar plek in die halfeindronde van die San Diego Ope bespreek toe sy die 27ste gekeurde Anastasia Potapova in 2 skoon stelle uitgeskakel het.

Kenin se landgenoot Danielle Collins wat in die 2022 Australiese Ope teen Ash Barty vasgeval het is ook nog steeds op die wenpad na sy die 10de gekeurde Caroline Garcia in net 67 minute uitgestof het met ’n telling van 6 – 2 en 6 – 3.

Collins ontmoet nou Barbora Krejcikova of Beatriz Haddad-Maia in die laaste 4 terwyl landgenoot Kenin teen die wenner van die wedstryd tussen Maria Sakkari en Emma Navarro te staan sal kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×