Die 2024 Wimbledon vroue kampioen Barbora Krejcikovã sal nie later vandeesmaand aan die Australiese Ope deelneem nie aangesien diè Tsjeg nog van haar rugbesering herstel.

Krejcikovã wat tiende op die wêreldranglys is het by die WTA-jaareindtoernooi diè besering opgetel en dra nog steeds las van dit. Sy het diè nuus op X  gedeel en gesê dat sy dit geniet om in Melbourne te speel en goeie herinneringe daar koester aangesien sy verlede jaar die kwarteindronde gehaal het.

Sy het haar ondersteuners ook belowe dat sy hard werk om weer heeltemal gesond te word om binnekort weer terug op die baan te wees.

Die eerste major  toernooi van die jaar word vanaf 12 Januarie beslis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×