TENNIS – Die omstrede en uitgesproke Aussie Nick Kyrgios moes noodgedwonge weens ‘n kniebesering gister  uit die Atlanta Ope onttrek het.

Die 2022 Wimbledon naaswenner was in aksie teen die Duitser Peter Gojowczyk in sy openingsronde van die ATP  hardebaan toernooi in Georgia toe hy die handdoek moes ingooi.

Kyrgios is egter hoopvol om later die week saam met vennoot Thanasi Kokkinakis aan die dubbels deel te neem waar die tweemanskap hul plek reeds in die kwarteindronde bespreek het.

Die “Wild Thing” sal ook sy aandag dan verskuif na die laaste Grand Slam van die jaar wanneer die Amerikaanse Ope op die 29ste Augustus in New York begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×