TENNIS – Die stoutseun van internasionale tennis Nick Kyrgios gaan nie volgende maand sy land in die Davis Beker toernooi verteenwoordig nie.

Die 27-jarige Aussie het laas in 2019 vir sy land in diè toernooi gespeel en was ook ‘n natuurlike keuse vir die span gewees na die goeie vorm waarin hy homself die afgelope paar weke bevind.

Die span sal in Kyrgios se afwesigheid op Alex de Minaur en Thanasi Kokkinakis steun terwyl die 2022 Wimbledon dubbelspel kampioene Matt Ebden en Max Purcell ook hul land in die groep fase sal verteenwoordig wat van 13 – 18 September in Hamburg plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×