TENNIS – Lloyd Harris se kanonafslaan in die Majorca Ope was net te veel vir Roman Safiullin wat nie opgewasse teen die Suid-Afrikaner se kragspel was nie en het diè Rus in 2 skoon stelle tot oorgawe gedwing.
Die 26-jarige Harris wat ook vir diè grasbaantoernooi moes kwalifiseer het Safiullin met altesaam 25 kishoue gepeper in ’n wedstryd wat net ’n uur en 15 minute geduur het.
Die Kapenaar sal moet wag en sien wie tussen Alejandro Davidovich en Pavel Kotov sy teenstander in die kwarteindronde gaan wees.
Harris wat lank reeds met beserings worstel hoef ook danksy ’n beskermde ranglysposisie nie vir vanjaar se Wimbledon toernooi te kwalifiseer nie wat ook eerskomende Maandag afslaan.