TENNIS – Suid-Afrika se Lloyd Harris het die laaste 4 weke van die beste tennis in sy loopbaan gespeel toe hy die Challenger toernooi in Suid-Korea gewen het.
Harris wat 6de gekeur was het die nommer 5 Yunchaokete Bu van China in 3 stelle getroef met ’n telling van 6 – 2 , 3 – 6 en 6 – 4.
Die Suid-Afrikaner het 14 kishoue gedien en 68% van sy punte op sy 1ste afslaan behaal.