TENNIS – Die Aussie Nick Kyrgios sowel as die wêreld nommer 3 Daniil Medvedev moes weens beserings die handdoek ingooi by die Washington Ope wat as voorbereiding dien vir die 4de en laaste Grand Slam van die jaar naamlik die Amerikaanse Ope.
Medvedev die 2021 Amerikaanse Ope kampioen en Kyrgios wat laasjaar se wenner in Washington was sal nou fokus om te betyds te herstel vir diè Amerikaanse Ope wat in New York plaasvind.
Gale Monfils, Kei Nishikori en Suid-Afrika se Kevin Anderson het WildCard inskrywings vir Washington ontvang terwyl die 2019 Amerikaanse Ope dames kampioen Bianca Andreescu en voormalige wêreld nommer 3 Elina Svitolina ook deur die organiseerders na diè ATP 500 toernooi genooi is.
Die Amerikaanse Ope begin op die 28ste Augustus.