Die Russiese tiener Mirra Andreeva het die wêreld se nommer een Aryna Sabalenka verstom met ‘n 2 – 6, 6 – 4 en 6 – 3 terugkomsege in die Indian Wells-eindstryd wat haar tweede agtereenvolgende WTA 1000-titel verseker het.
Die 17-jarige wat die jongste vrouefinalis by die toernooi in 24 jaar is het haar ritme in die middel van die wedstryd gevind en die oorwinning met ‘n voorhandwenner beklink.
In die mansafdeling het Brittanje se Jack Draper vir Holger Rune van Denemarke met 6 – 2 en 6 – 2 van die baan af gespeel.
Draper het met diè titel vir die eerste keer ‘n plek in die top-10 verseker.