TENNIS  – In die Madrid Ope het Gael Monfils maklik met die 20-jarige Carlos Gimeno Valero in die 1ste ronde afgereken en sal nou volgende teen die wêreld nommer 1 Novak Djokovic te staan kom.

Monfils kon nog nie in een van hul 17 vorige ontmoetings vir Djokovic klop nie en alhoewel sy aanhangers hoop vir ‘n opskudding in Madrid het die Fransman te kenne gegee dat alhoewel die Serwiër ‘n moeilike teenstander is hy op enige van die kleibane op sy dag met ‘n oorwinning teen Djokovic van die baan af kan stap.

Die Suid-Afrikaner Lloyd Harris het ook vroeg in die toernooi uitgeval toe hy in die openingsronde deur die tuis gunsteling en finalis in die Monte Carlo Ope Alejandro Davidovich Fokina in 2 skoon stelle uitgeskakel was. Die telling was 7 – 5 en 6 – 3.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×