TENNIS – Die Skotse legende Andy Murray se droom op nog ’n titel is ook vroeg in die Italiaanse Ope beëindig toe Fabio Fognini die knoop in 3 stelle deurgehak het.

In diè kragmeting –  wat ook as die stryd van die 35-jarige tennispa’s beskou kon word – het Fognini nou sy 5de oorwinning uit 9 kragmetings teen Murray behaal.

Fognini – wat ook die pa van 3 kinders soos Murray is – het 46 kishoue gemoker in ’n wedstryd wat ook net duskant 3 ure geduur het en kom nou volgende teen Miomir Kecmanovic te staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×