TENNIS  – As daar een tennisspeler is wat die slagspreuk “Aanhouer Wen” sy eie gemaak het dan is dit die Skotse legende Andy Murray.

Die 35-jarige Murray het gewys dat hy wel nog petrol in die tenk het toe hy na 183 minute van uitmergelende tennis daarin geslaag om Alexander Zverev in die Katar Ope te klop en sodoende deur te dring na kwarteindronde.

Die flambojante Skot het egter nie daar gestop nie en ook afgereken met die Franse kwalifiseerder Alexandre Muller deur hom in 3 stelle uit te skakel en sal nou teen Jiri Lehecka in die halfeindronde te staan kom.

Murray moes ook verlede maand in die 1ste Grand Slam van 2023 alles uithaal om die Italianer Matteo Berrettini in bykans 5 ure by die Australiese Ope te klop en het dit opgevolg met nog ’n marathon 2de ronde wedstryd van 5 uur en 45 minute toe hy die plaaslike held Thanasi Kokkinakis met die kous oor die kop huistoe gestuur het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×