TENNIS – Met die Monte Carlo Ope wat net om die draai is sal die legendariese Rafael Nadal nie by een van sy gunstelinge toernooie hierdiè jaar in aksie wees nie.

Rafa het nog steeds las van ’n heupbesering wat hom uit die Indian Wells sowel die Miami Ope gehou het en waar hy ook by die Australiese Ope in Februarie die handdoek in die 2de rondte moes ingooi.

Carlos Alcaraz het ook na konsultasie met sy dokter besluit om nie in die 1ste groot kleibaan-toernooi van die jaar te speel nie terwyl Felix Auger-Aliassime – wêreld nommer 7 – ook nie in Monte Carlo sal wees nie aangesien hy ook nog las dra van ’n kniebesering.

Die Monte Carlo Rolex Meesters toernooi met prysgeld van € 5,8 miljoen begin op 8 April.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×