TENNIS – Rafael Nadal is die nuwe Australiese Ope tenniskampioen nadat hy in die eindstryd wat bykans 5 ½  uur geduur het Daniil Medvedev in 5 stelle geklop het. Nadal was met 2 stelle agter toe hy met ‘n skitterende terugvegpoging begin het om sodoende ook sy 21ste Grand Slam titel te verower het.

In die vroue eindstryd het die wêreld nommer een Ashleigh Barty ook die eerste Aussie naas Christine O’Neil in 44 jaar geword om weer diè gesogte titel te wen. Barty het die Amerikaner Danielle Collins met 6 – 3 en 7 – 6 uitgeskakel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×