TENNIS – Dag 3 by die Australiese Ope het heelwat aksie opgedis waar die 22-malige Grand Slam wenner Rafael Nadal ook in die 2de ronde uitgeskakel is. Nadal het teen die wêreld se nommer 65 Mackenzie McDonald in 3 skoon stelle verloor. Die telling was 6 – 4 , 6 – 4 en 7 – 5.

Stefanos Tsitsipas wat derde gekeur is ook deur na die volgende ronde toe hy Rinky Hijikita in skoon stelle uitgestof het terwyl die Suid-Afrikaner Lloyd Harris se toerooi ook iets van die verlede is toe hy deur Márton Fucsovics in 4 stelle geklop is.

In die dames afdeling is het Varvara Gracheva vir ’n opskudding gesorg toe sy die 8ste gekeurde Daria Kasatkina met 6 – 1 en 6 – 1 van die baan af gespeel het terwyl die nommer 7 Coco Gauff ook vir Emma Radacanu gegroet het in 2 skoon stelle.

Vandag se hoogtepunte is beslis die tweestryd tussen Novak Djokovic en die opwindende Enzo Couacaud terwyl Andy Murray op alle silinders sal moet vuur teen Thanasi Kokkinakis. In die dames afdeling kan Leylah Fernandez strawwe kompetisie van Caroline Garcia  verwag terwyl Markéta Vondroušová haar beste voet sal moet voorsit teen die 2de gekeurde Ons Jabeur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×