Rafael Nadal het onttrek aan die Laver-beker-kragmeting wat vanjaar van 20 tot 22 September in Berlyn in Duitsland plaasvind. SABC-sport berig dit is die sewende jaarlikse kragmeting tussen ‘n span wat Europa verteenwoordig, en een wat die res van die wêreld verteenwoordig.
Bjorn Borg sal vanjaar vir die laaste keer as die Europese span se kaptein optree, en John McEnroe vir die Wêreld-span. ‘n Plaasvervanger vir Nadal sal binnekort aangekondig word.