TENNIS: Die wêreld nommer een Novak Djokovic het hom weens ’n geskeurde mediale meniskus in sy regterknie vanuit die Franse Ope onttrek.

Die verdedigende kampioen sal nou vir die 1ste keer sedert 2009 nie in die eindstryd by Roland Garros in aksie wees nie en dis nie seker hoe lank diè besering hom vanaf die baan gaan hou nie.

Die 4de gekeurde Duitser Alexander Zverev is deur na die kwarteindronde by die Franse Ope na ‘n marathon stryd van net meer as 4 ure teen Denemarke se Holger Rune en ontmoet die Aussie Alex de Minnaur nou in die laaste ronde van 8.

Die wenner in hierdiè kragmeting sal teen Casper Ruud te staan kom terwyl Carlos Alcaraz en Jannik Sinner ook mekaar gaan aanvat vir ’n plek in Sondag se eindstryd.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×