Die Spaanse Olimpiese medalje wenner Sara Sorribes Tormo gaan vir ’n onbepaalde tydperk haar raket wegbêre weens die fisieke en geestelike tol wat diè sport op haar geëis het.
Tormo wat die dubbels bronsmedalje by die 2024 Olimpiese Spel in Parys gewen het , het onlangs ook haar sesde dubbelspeltitel saam met landgenoot Cristina Buca in Bogota gewen sowel as haar laaste enkelspel-wedstryd in die Billie Jean King-bekertoernooi tussen Spane en Brasilië.
Die 28-jarige het op haar Instagram-blad ook gesê dat sy onseker is of diè blaaskans “tydelik of permanent” gaan wees en wil hê dat haar kop en lyf weer moet “saamwerk.”