TENNIS – Die 24ste ITEC Amanda Coetzer-tennistoernooi begin ook eerskomende Donderdag in die die Rosestad met die Hoër Meisieskool Oranje wat ook ‘n 3de titel in die visier sal hê.

Oranje is na 14 wedstryde vanjaar nog onoorwonne nadat diè skool ook die National All Girls Festival in Bloemfontein sowel as die Gerrie Bester Toernooi in die Paarl gewen het.

8 skole neem vanjaar weer deel terwyl die o.15 afdeling ook weer ’n welkome terugkeer maak sedert 2019 met Oranje, Bloemhof ,Waterkloof ,Menlopark, Paarl Girls’ en Affies wat mekaar gaan opdreun.

Diè toernooi begin Donderdag om 09:00 en duur tot Saterdag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×