Jelena Ostapenko het die tenniswêreld verras toe sy wêreldnommer een Aryna Sabalenka in skoon stelle geklop het om die Porsche Grand Prix kampioenskap in Stuttgart te wen.
Die 27-jarige speler van Letland was ook die eerste ongekeurde speler sedert 1993 om ‘n Grand Slam te wen toe sy in 2017 op Roland Garros gewen het spog nou met ’n totaal van nege titels op haar kerfstok.
Die oorwinning in Stuttgart het haar sien opskuif van nommer 24 op na 18 op die wêreldranglys waar sy ook huistoe gery in ’n splinternuwe Porsche Macan Turbo.
Sabalenka wat vier van haar laaste vyf Stuttgart-eindstryde verloor het, het haar teenstander geloof vir haar uitstekende spel en haar met humor gelukgewens op haar nuwe vuurwa.