TENNIS – Die 2020 kampioen Iga Swiatek het haar eerste ronde wedstryd teen Lusia Tsurenko maklik in skoon stelle gewen terwyl die 15de gekeurde Victoria Azarenka harder moes werk vir haar oorwinning teen Ana Bogdan met ‘n telling van 6  –  7 , 7 – 6 en 6 – 2.

Dag 2 het vir nog opskuddings gesorg toe die Franse tiener Dianne Parry die verdedigende kampioen Barbora Krejčíková in 3 stelle uitgeskakel het met ‘n telling was 1 – 6 ,  6 – 2 en 6 – 3 terwyl die voormalige wêreld nommer een Naomi Osaka ook haar rieme styfgeloop het teen die 27ste gekeurde en 2019 semi-finalis Amanda Anisimova.

Onder die mans het Novak Djokovic en Rafael Nadal hul aanslag op die 2022 titel op ‘n wennoot begin.

Rafa  wat nog nie ‘n groot toernooi hierdie seisoen op klei kon wen nie het heel op sy gemak gelyk teen die Aussie Jordan Thompson en skoonskip gemaak in 3 stelle terwyl Djokovic ook Yoshihito Nishioka van Japan in sy spore gestuit het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×